As sewentienjarige word Fourie Lemmer gevonnis vir moord. Kersfees herinner hom aan die dag toe beide sy ouers afgesterf en sy familie hom verraai het. ’n Inbraak in sy berghut maak hom angstig. Is die versteekte goedere weg? Carmi Ras is ’n privaat speurder met ’n innemende persoonlikheid. Familiebande en -tradisies lê hoog op haar prioriteitslys. Om nooit betrokke te raak by iemand aan die verkeerde kant van die gereg nie, is haar motto in die lewe. Fourie en Carmi se ontmoeting geval albei. Sy stoot sy trellidor-bestaan oop. Hy weet hulle verhouding - as hy dit so kan noem - balanseer op 'n mespunt. Fourie voel ongemaklik toe hy besef watter beroep sy en haar pa volg. Hy is die josie in omdat sy vir hom gelieg het. En dan is daar sy Kersfees-fobies… Fourie en Carmi bevind hulself tussen die vloer en politoer. Is daar spasie vir ... wat ookal tussen hulle aangaan? #1 op Amazon Afrikaans Beste Verkoper