’n Hopeloser liefde kan daar nie wees nie. Dit is vroeg in die 1830’s aan die Kaap en Annabelle kan nie haar liefde vir haar vader se slaaf, Kaleb, onderdruk nie. Haar kommer oor die lot van al die slawe is in elk geval ’n bron van ergernis vir haar ouers.
Oral is daar sprake dat die slawe vrygestel gaan word, maar dit is nog net gerugte. Boonop is daar reeds vir Annabelle besluit dat sy met ’n welvarende jong wynboer aan die Kaap sal trou. En haar vader dring aan dat Kaleb ’n nageslag moet verwek; gratis slawe wat op die plaas grootword, is immers nie te versmaai nie. Die slavin wat as die ideale moeder van hierdie nasate aangewys word, maak buitendien nie ’n geheim van haar liefde vir Kaleb nie.
Toe die slawevrystelling uiteindelik ’n werklikheid gaan word, is dit vir die minnaars helaas te laat. Annabelle is verloof en Kaleb is, ná ’n onvergeeflike daad vir ’n slaaf, afgeransel en op ’n skip gesit. Hy sal die Kaap die Goeie Hoop nooit weer sien nie. En al sou hy, hoe kan ’n slaaf wat nie eens skoene besit nie, ’n vrou onderhou, te meer ’n vrou wie se ouers eerder sterf voor hulle haar met hom sien trou?