Anja is omgekrap omdat sy al weer ’n strooimeisie by ’n vriendin se troue moet wees, en nou gaan die bruid boonop in Londen werk terwyl sy wat Anja is, al die troureëlings saam met Alec, die bruidegom, moet tref.
Dis juis daar waar die knoop lê, want Anja is lankal verlief op Alec, en begeer dat sý eerder sy bruid moet wees. Alec besef ook dat hy vir die eerste keer in sy lewe regtig verlief is, maar nie op sy aanstaande bruid nie.
Ná ’n kuier in Londen slaan Alec se gedrag Anja totaal dronk. Sy weet sy moet die man vergeet, dit is die enigste uitweg, maar is dit regtig nodig?