Romanza Nostalgie is ’n terugblik na die eerste titels van ons gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Met hierdie versamelitems vier ons 15 jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf.
Hoe om 'n hart te wen Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle ’n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle hou nie rekening met Kupido se streke nie.
Leer my liefhê Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe ’n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat haar drome oor hom fataal maak.