O aarde… Cara kan glad nie nie kook nie, maar skielik is die gerieflike werkskafeteria honderde kilometer ver. Die huis wat sy geërf het is in ‘n bedenklike toestand, maar van tuinmaak en mure verf weet sy nog minder as van kosmaak. Om halsoorkop verlief te raak is beslis ook nie nou op haar fyn beplande doenlysie nie, want sy gaan net vir ‘n jaar op die plattelandse dorpie woon. Niks langer nie. Daarom maak sy allerhande planne om van die droommooi mansmens met die sjokoladebruin oë te vergeet. As daardie planne maar net wou werk. Hoe het sy in so ‘n groot penarie beland? Was dit regtig oor die verspotte ooreenkoms wat sy en haar twee vriendinne het om op hul dertigste verjaarsdag iets waaghalsigs te doen, of hunker Cara lankal na iets wat sy nie mooi verstaan nie?