Bella moet desnoods die onuitstaanbare Wian se hulp aanvaar, en van hom – eintlik álle mans – wil sy niks weet nie.
Haar verraaierhart is onbewus van haar besluit om mans nooit weer te vertrou nie, want as Wian haar soen – bloot toevallig, natuurlik – smag sy sowaar na meer … en nog meer.
Sy en Wian besluit daar is net ruimte vir ’n ligte flirtasie tussen hulle, maar Bella weet dit is hopeloos, want sy is lief vir Wian. Ook sy renons in klein kindertjies verdamp toe hy besef hy kan nie sonder Bella lewe nie.
Gaan hulle mekaar van hulle nuwe gevoelens oortuig kry, of is ’n lewe saam met mekaar bloot ’n hersenskim?