Kiara het nog nooit probleme gehad om ’n held vir haar storieboekheldinne uit te dink nie, maar hierdie keer is die bordjies verhang. Is die aantreklike Leon wat haar soos ’n gentleman uit die verknorsing red, die ridder waarna sy én haar heldin so naarstiglik soek? Of dalk die hopeloos te sexy Gabriël, wat haar siel versondig, haar hartsnare sonder toestemming raak en boonop haar kat se vertroueling word? Gabriël herken die meermin in haar, maar wat van die vrypostige Alicia wat tydig en ontydig by hom kom kuier?
Ter viering van Romanza se vyftiende verjaardag word hierdie boek, een van die eerste Romanzas, vandeesmaand heruitgegee. Dit is terselfdertyd ’n huldeblyk aan Cecilia Brits, wat met reg as die moeder van hierdie genre by LAPA beskou kan word. Sy is onlangs oorlede.